Eduard die Ouere

Eduard die Ouere
Koning van Engeland

Huis Wessex
Regeer 899924
Voorganger Alfred die Grote
Opvolger Athelstan van Engeland of Ethelweard van Wessex
Eggenote Ecgwynn
Elffled
Eadgifu van Kent
Kinders Sowat 13, o.a.
Athelstan
Ethelweard
Edmund
Edred
Gebore c. 870; Wessex
Oorlede 924; Cheshire, Engeland
Vader Alfred die Grote
Moeder Ealhswith

Eduard die Ouere (Engels: Edward the Elder; Oud-Engels: Ēadweard se Ieldra) (871-924) was van 899 tot met sy dood koning van Engeland. Hy was die seun van Alfred die Grote, wat hy ná sy dood opgevolg het. Hy het die Oostelike Middellande en Oos-Anglië in 917 van die Dene verower en het in 918 die heerser van Mercië geword ná die dood van sy suster Ethelfled.

Sy opvolging is betwis deur sy neef Ethelwold, wat by die Dene in Northumbrië en Oos-Anglië aangesluit het. Ethelwold se dood in 902 het ’n einde gemaak aan dié stryd.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search